Die bal rol
Versoeke om toestemming tot publikasie is aan die eerste gekeurde bloggers gestuur.
Bergplek
Danksy Kobus besit ons nou webspasie. Jubilasies!
Voorspoed
Weens ‘n gesloer onder keurders is die proefkopie se publikasiedatum ongelukkig aangeskuif na iewers in Januarie.
Die redaksie wens almal ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwejaar toe.
Keuring

Keurders het gister elkeen ‘n anonieme keurdersmanuskrip ontvang en lees nou verwoed. Voltooide keuring is geskeduleer vir Vrydag 21 Desember. Die eerste uitgawe (gratis, natuurlik) sal beskikbaar wees teen Kersfees.
Sper
Inskrywings vir die eerste uitgawe - wat vir Kersfees beplan word - het gesluit. Nuwe bydraes kom dus van vandag af in aanmerking vir die tweede uitgawe.
‘n Keuringsmanuskrip word tans saamgestel om aan keurders te stuur. Dankie vir almal se bydraes!
Die redaksie
Sluitingsdatum

Inskrywings vir die eerste uitgawe - as ‘t ware die blogosfeer se proefkonyn - sluit die 30ste November. Haas jou laaste inskrywings na Blik.
Ons benodig ‘n voorbladontwerp. Idees is meer welkom. (Onthou, meer idees beteken meer hits vir jou blog, omdat alles gekrediteer word.)
Tags: blik, sluitingsdatum, [tydskrif]
Hiergaatons
Korrespondensie is uitgestuur aan die kernspan en bydraes by Blik groei.
Die bal is weer aan die rol - hierdie keer vir goed.
Ons lewe
Die kernredaksie mag moontlik agtergekom het dat korrespondensie vir ‘n wyle spoorloos verdwyn het. Die rede hiervoor is tweeledig: enersyds het Die redakteur die afgelope tyd gesukkel om tyd in te ruim vir breedvoerige e-posse, andersyds het hy sy hardeskyf geformatteer, so al sy netjies gestoorde e-posse lê tans iewers en wag in gerugsteunde .dbx’s.
Belangrik, egter: [TYDskrif] (of wat ons ook al op die ou einde besluit om dit te noem) gaan sonder twyfel realiseer. Moenie ophou inskrywings voorlê nie en moet veral nie bang wees om jou eie inskrywings in te stuur nie.