Baie welkom by die [TYDskrif] blog! Dis ‘n eerste vir Afrikaanse bloggers en (omdat ons reg oor die planeet verstrooi is) moontlik die mensdom. Oor die afgelope paar maande het al hoe meer Afrikaanssprekendes hulle gedagtes met die wêreld begin deel - ‘n fenomeen wat in die volksmond bekend staan as die outobiografiese oerknal. [TYDskrif] wil hiervan rekenskap gee deur op ‘n vaste basis die beste artikels in die Afrikaanse aanlyngemeenskap te kanoniseer en gratis beskikbaar te stel. Sodoende sal talentvolle bloggers die erkening kry wat hulle verdien.

[TYDskrif] kan nie realiseer sonder jou voorstelle, gedagtes en kritiek nie. Dis ‘n tydskrif vir bloggers, deur bloggers, tot bloggers. Hierdie blog is die hart van die projek en jy is die hartklop. Ons het jou nodig. Die volgende afdelings is daarom reeds geskep:

Keurder | Bladuitleg | Voorleggings | Naam

Snuffel gerus rond en los kommentaar. Ons sien uit om van jou te hoor!

Die redakteur



13 Responses to “Die begin van die begin”  

  1. 1 Ke

    Uitstekende idee. Ek wag in spanning.

    Laat weet as ek kan help…

  2. 2 Die redakteur

    Jy kan help ;)

    Ons kontak jou binnekort met meer details.

  3. 3 My Kop Op 'n Blok!

    Ek weet nie van taalkundige versorging nie (haai oe, Blommie). Ek lees darem my goed deur voor ek die Publish knoppie druk. Almal is nie ewe goed met spel en sulke dinge nie - tog kom van die bloggers wat minder reg spel ook met goeie inskrywings vorendag. Ek dink nie mens moet dit te veel van ‘n demper laat plaas nie.

    Ook oor die lamentasies - maak nie saak wat die persoon se onderwerp is nie, as hy/sy iets goed daarvan kan maak, hoekom ‘n beperking op onderwerpe plaas?

    Ek stem saam dat haatspraak ens. uit is Veral haatspraak. Ons het genoeg haat in ons land, dis nie nodig dat ons dit nog moet spraak ook nie.

  4. 4 Die redakteur

    Jy is heeltemal reg, Kop Op ‘n Blok. Met die opmerkings oor taalkundige versorging en lamentasies wil ons nie bloggers uitsluit of snobbish wees nie. Dis eintlik ons manier om slegte posts uit te hou. Die klem is juis op “goeie” inskrywings - ‘n oorspronklike lamentasie kwalifiseer outomaties as ‘n goeie post.

    Maar jy het gelyk, ons sal hierdie bladsy se bewoording binnekort verander.

    Laat rol met die inskrywings!

  5. 5 oopkop

    Die idee vir die [Tydskrif] is rerig baie baie goed. Ek sou graag wou betrokke raak. Het nou al gedink daaroor, hoe gaan julle maak met die uitleg en so aan? Dit gaan moeilik wees as iemand ‘n video gepost het of ‘n link. Laat weet as daar iets is waarmee ek kan help. Die ander ding wat dalk probleme kan gee is kopiereg en sulke goed, ek neem aan dit sal belangrik wees. Baie mense blog en vat sommer ‘n foto hier en daar van die net af. En party blogs is eintlik maar net posts met e-mails in wat die rondte doen. Dis nie wat hulle self geskryf het nie.

  6. 6 Da Mario

    LOL Anja, ek glo nie ‘n e-mail wat die rondte doen sal ooit submit word vir goedkeuring en publikasie nie, wie gaan die Redaksie kan fool? :lol:

  7. 7 oopkop

    Ek verstaan wat jy sê Da Mario, MAAR as jy nie die e-mail toevallig ontvang het nie sou jy nie geweet het waar hulle dit gekry het nie, want bitter min mense gee erkenning waar hulle moet as hulle wel iets net ‘copy en paste’.

  8. 8 Johan Swarts

    Kopiereg is ‘n kwessie waaraan daar aandag geskenk moet word. Die gebruik van images is ‘n uitlegkwessie, so as slegs teks gebruik word, is dit net die skrywers wat gekontak moet word vir publisering. Daar moet dus besluit word hoe die tydskrif moet lyk voor ons finaal kan worry oor kopiereg van images. Maar wat van ‘n soort bronnelys vir prentjies? Iets soos ‘n Harvard verwysingsisteem (dis lekker eenvoudig) mark 2?

    Ek twyfel of so iets onoorspronklik soos ‘n chainmail sal deurgaan by die keurders ;)

  9. 9 BB

    Wonderlike idee!! Ek laat eerder die keuring aan ander oor, maar sal graag help met taalversorging. Daarmee mag ‘n mens darem ook nou nie bloggers se skeppingsdrang t.o.v nuwe woorde en/of oorspronklike beeldspraak onderdruk nie. (ek is ‘n wandelende woordeboek) - en noem my sommer ook ‘Sherlock’ - vertaalde en ander verdagte werk kan vrek malik opgespoor word - mens moet net weet hoe ;)
    (ek weet nie wat die kopiereg van foto’s en prente behels nie - tensy dit gedruk en dan verkoop word nie).

  10. 10 My Kop Op 'n Blok!

    Wat van ‘n afdeling vir beste kommentare? Ek dink ek het al kommentare geskryf wat beter is as enige van die inskrywings op my blog, ek weet net nie waar hulle oral rondlê nie. As ‘n “beste kommentaar” genomineer word, kan redaksie bv. ‘n baie bondige beskrywing van die bloginskrywing gee, met die besonderse kommentaar.

    Net ‘n idee. Wat dink julle?

  11. 11 platterfuss

    Briljante idee!!! GO FOR IT!!!

  12. 12 Koeksuster

    Wat Platte gese het. Wonderlike idee -

    Hie komme ding!!

  13. 13 Meneer

    Briljante idee…. dit kan net die kwaliteit opskuif…. ;-)

Leave a Reply