Archive Page 2

Partytjie

11Oct07

Danky Blik het voorleggings vir inskrywings deur die dak geskiet. Hier by die [TYDskrif] hoofkwartiere dans redaksielede op hulle agterpote rond en mors koffie uit bekers met corny, geglasuurde sê-goed onderwyl hulle uitbundig jubel. (Een van die redaksielede het selfs ‘n groot banier in die voorportaal gehang wat sê: “Gerhard is die beste!”)

Dankie aan almal wat bydra.


[TYDskrif] is nou amptelik geaffilieer met Blik. Gerhard Venter se breinkind laat lesers toe om skakels vir keuring by te dra en daarvoor te stem deur middel van die befaamde Kudu-sisteem. Maak gerus ‘n draai by Afrikaans se Digg en nomineer jou gunsteling inskrywings. Al is dit jou eie ;)

Inskrywings kan dus nou op twee maniere bygedra word: via Blik of per e-pos. Sien die Voorleggingsbladsy vir meer besonderhede.


Vier aansoeke om die pos van keurder is tot dusver ontvang. Hou dus fyn dop - julle sal binnekort meer name as net Die Redakteur hier sien skryf.

Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie: hierdie projek is ‘n groepsprojek. Daar is nie iets soos ‘n slegte voorstel nie. Neem deel. Ons het jou nodig!


Baie welkom by die [TYDskrif] blog! Dis ‘n eerste vir Afrikaanse bloggers en (omdat ons reg oor die planeet verstrooi is) moontlik die mensdom. Oor die afgelope paar maande het al hoe meer Afrikaanssprekendes hulle gedagtes met die wêreld begin deel - ‘n fenomeen wat in die volksmond bekend staan as die outobiografiese oerknal. [TYDskrif] wil hiervan rekenskap gee deur op ‘n vaste basis die beste artikels in die Afrikaanse aanlyngemeenskap te kanoniseer en gratis beskikbaar te stel. Sodoende sal talentvolle bloggers die erkening kry wat hulle verdien.

[TYDskrif] kan nie realiseer sonder jou voorstelle, gedagtes en kritiek nie. Dis ‘n tydskrif vir bloggers, deur bloggers, tot bloggers. Hierdie blog is die hart van die projek en jy is die hartklop. Ons het jou nodig. Die volgende afdelings is daarom reeds geskep:

Keurder | Bladuitleg | Voorleggings | Naam

Snuffel gerus rond en los kommentaar. Ons sien uit om van jou te hoor!

Die redakteur