Voorleggings

Voorleggings | Inskrywings kan op twee maniere genomineer word:

1. Besoek Blik en dra ‘n skakel soos normaalweg by. Kliek dan op die skakel se kommentaar en merk die artikel as “[TYDSKRIF]” deur op die drop-down menu bo die kommentaar te kliek.

2. Stuur voorstelle vir inskrywings (posts) in die volgende formaat na tydskrif@gmail.com:

  1. Blogger naam.
  2. Datum van publikasie
  3. Titel
  4. URL (’n link na die inskrywing)

Hoewel inskrywings die nodige taalversorging sal ontvang voor publikasie, moet dit ten minste behoorlik leesbaar wees om in aanmerking te kom vir keuring. Inskrywings moet verkieslik nie dag tot dag lamentasies wees oor hoe aaklig die wêreld (spesifiek die blogger se wêreld) is nie. (Ons is lief vir jou, maar gee nie eintlik om nie.) Geen inskrywings met ongekwalifiseerde haatspraak, rassisme, seksisme en ander ongeskikte -ismes sal oorweeg word nie.